Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Agile-sagtewareontwikkeling is 'n manier vir IT-ontwikkelingsspanne om kode te ontwikkel deur in kort, iteratiewe siklusse te werk. Tydens hierdie siklusse word produkte ontwikkel wat makliker aangepas kan word, indien die vereistes van die klant sou verander. Die gevolg is dat IT produkte, soos mobiele toepassings en rekenaarsagteware, meer reaktief op gebruikerstendense geproduseer word, en vinniger op die mark geplaas kan word.